Welcome to Kierie Kwaak!









KIERIE KWAAK HET VIER EENHEDE:

EENHEID 1
  • Een kamer met twee enkelbeddens
  • `n Ten volle toegeruste kombuis met koel/vrieskas, stoof en mikrogolfoond en badkamer (stort, wasbak en toilet).

EENHEID 2
  • Dubbelbedkamer
  • Kamer met `n stapelbed
  • Badkamer met stort, wasbak en toilet
  • Ten volle toegeruste kombuis met koel/vrieskas, stoof en mikrogolfoond.

Die eenhede beskik oor `n stoep en sondek wat `n pragtige uitsig bied, parkeerarea en veilige bergplek vir fietse en sporttoerusting.
Uitleg van eenhede 1 en 2

EENHEID 3 (WOONSTEL)
  • Dubbelbedkamer
  • Kamer met twee enkelbeddens
  • Badkamer met stort, wasbak, bad en toilet
  • Kombuis ten volle toegerus met vrieskas/koelkas, mikrogolfoond, en gasstoof met oond.
  • Sitkamer met TV (slegs SABC 1/2/3 & E-TV, of bring eie dekodeerder)
  • Wasmasjien
  • Eenheid vorm deel van die hoof woonhuis, maar met eie aparte ingang
Uitleg van die woonstel

FAMILIE GASTEHUIS
  • Slaapkamer met standaard dubbelbed en bababed
  • Slaapkamer met ekstra lengte koninging grootte bed
  • Twee slaapkamers elk met twee enkel beddens
  • Een slaapkamer met enkelbed
  • Eetkamer
  • Sitkamer met kaggel en TV (slegs SABC 1/2/3 & E-TV, of bring eie dekodeerder)
  • Volledig toegeruste kombuis met 5 plaat gasstoof, koelkas/vrieskas, mikrogolf oond, skottelgoedwasser, en koffie masjien
  • Waskamer met wasmasjien en tuimeldroër
  • Badkamer met stort
  • Badkamer met bad, dubbelstort en wasbakke
  • Stoep
  • Die swembad langs die huis is vir gebruik van al die gaste op die gasteplaas
Uitleg van die gastehuis


AKTIWITEITE OP DIE PLAAS

  • Geniet die rustige atmosfeer en uitsig
  • Swem in die plaasdam
  • Voëlkyk
Uitleg van die plaas


AKTIWITEITE IN DIE JONKERSHOEKVALLEI

  • Besoek wynkelders
  • Draf/stap/bergklim in die natuurreservaat
  • Bergfietsroetes


AKTIWITEITE IN STELLENBOSCH

  • Die dorp is bekend vir sy vele voorbeelde van die Kaaps-Hollandse boustyl wat baie goed bewaar word
  • Verskeie kunsateljees in die dorp
  • `n Groot verskeidenheid restaurante
  • Museums – o.a. `n tekstielmuseum
  • ’n Konservatorium met konserte van hoogstaande gehalte
  • Verskeie teaters
  • Besoek die kampus van die Universiteit van Stellenbosch


AKTIWITEITE OM STELLENBOSCH

  • Volledige 18 putjie Gholfbaan
  • Verskeie natuurreservate en voetslaanroetes
  • Boland-wynroetes – die streek is bekend vir sy uitstekende wyne
  • Vyf kilometer buite Stellenbosch is `n lughawe vir ligte vliegtuie
  • ’n Pragtige strandoord binne 20 kilometer vanaf Stellenbosch
  • Besoek Kaapstad met sy kabelspoor teen Tafelberg en Kaappunt Natuurreservaat – 60 km vanaf Stellenbosch
  • Paarl, ook `n geskiedkundige dorp en tuiste van die KWV-wyne – 20 km vanaf Stellenbosch
  • Franschhoek, eens die tuiste van die Franse setlaars – 35 km vanaf Stellenbosch
  • Wellington, die sagtevrugte-area – 25 km vanaf Stellenbosch
  • Darling is bekend vir sy veldblomme in die lente – 60 km vanaf Stellenbosch