![]() |
![]() |
Kolonel Werdmüller het `n deel van die grond aan die Switserse gemeenskap geskenk. Die res is aan `n Australiër, ene mnr. Fitt, verkoop. Die grond is in kleiner eenhede onderverdeel. In 1958 koop prof. Perold die laaste drie eenhede, wat toe Glen Conner was, en hernoem dit na Pontrieux. Pontrieux is `n dorpie in Frankryk waarvandaan die voorsate van die Perots, wat later Perold geword het, gekom het. Prof Perold het 'n familie-huis gebou wat vandag as die gastehuis dien. In 1984 koop die huidige eienaar die grond.
![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
LIGGING
![]() Die gastekamers is in die rustige, landelike Jonkershoekvallei geleë, ongeveer 3km suidoos van Stellenbosch in die Wes-Kaap. Die vallei is omring deur berge waaruit die snelvloeiende Eersterivier ontspring. ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
KLIMAAT
![]() Die Wes-Kaap het `n Mediterreense klimaat. ![]() Die wintertemperatuur (Mei tot Julie) wissel tussen 14° – 19°C. Dit is ook die reëntyd. Sneeu kom soms op die omliggende berge voor. Die somer (November tot Februarie) is droog en warm met temperature van 19° – 35°C. ![]() Herfs en lente is baie aangenaam. `n Suidoostewind waai in die vroeë somer en herfs en ’n noordwestewind in die winter. ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
FAUNA
![]() Soogdiere Vroeër jare het hier nog luiperds voorgekom. Rondom 1900 het een boer in die vallei 120 luiperds van kant gemaak. Die groter wild is vandag beperk tot bobbejane, klipspringers en vaalribbokke in die berge. Nagdiere soos ystervarke, muishande en rooikatte kom nog voor. ![]() Reptiele Slange, veral die Kaapse geelkobra en pofadders is redelik algemeen. Ook skilpaaie, akkedisse en koggelmanders is volop. ![]() Amfibië `n Veskeidenheid paddas kom hier voor. ![]() Voëls Die gebied het `n ryk voëllewe. ![]() Geologie Die Stellenboschberge bestaan uit Tafelbergsandsteen en graniet. Water uit die berg is baie suiwer en veilig om te drink. ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
FLORA
![]() Die Wes-Kaap is wêreldberoemd vir sy ryk verskeidenheid flora en dit word ook as een van die wonders van die wêreld beskou. Die Jonkershoekvallei maak deel uit van `n Wêreld Erfenisgebied. Die Kaapse Fynbos maak 4/5 van die plantegroei uit. Die Fynbos-gebied beslaan `n area van 90 000 vierkante kilometer waarop 8 600 plantspesies voorkom. Hiervan is 5 800 endemies. In vergelyking hiermee het die Britse Eilande, wat drie en `n half keer groter is, net 1 500 spesies waarvan 20 endemies is. ![]() Die naam fynbos word gegee aan plantegroei waar 4 plantsoorte saam voorkom, nl. Proteaceae (groter struike met groot leeragtige blare), Ericaceae (kleiner heideagtige struike), Restionaceae (rietagtige plante) en geofiete (bolagtige plante). Hierdie plantegroei kom in arm grond voor. Die plante blom hoofsaaklik gedurende die herfs- en wintermaande. ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
ALGEMEEN
![]() Pontrieux se watertoevoer is vanaf Stellenboschberg en is veilig om te drink. Goeie beheer en deeglike blus na gebruik van braaivleisvure is 'n vereiste. Rook binne die eenhede word nie toegelaat nie. Indien gaste besoekers sou wou ontvang moet dit vooraf met bestuur gereël world. Gaste word vriendelik versoek om nie harde musiek te maak nie en ander gaste se privaatheid te respekteer. Geen troeteldiere word nie toegelaat nie. Onder geen omstandighede mag die plaasdiere op staptogte saamgaan nie. Motors moet asseblief net op die aangewese areas parkeer word en nie op die grasperke nie. ![]() ![]() ![]() |